ONS STREWE NA

Die JASMYN eienaars se strewe na ‘n volhoubare leefstyl, het reeds 20 jaar gelede met die beplanning van Jasmyn se positiewe impak op die omgewing begin.

Anders as die meeste ander besighede, word wins by JASMYN PLAASPRODUKTE anders beoordeel.  ‘n Waardevolle opbrengs (wins) is die waardering deur die mense wat ons ondersteun, die wonderlike omgewing met uitsig (wins) op van die oudste berge op die planeet, die deelname (wins) aan die hele proses van produksie, verwerking en verkope van voedsel  en boonop die geleentheid (wins) om ‘n bydrae tot mens en dier se voortbestaan te lewer.

WE STRIVE

The JASMYN owners strive towards a sustainable lifestyle. The planning of Jasmyn’s positive impact on the environment started 20 years ago.

Calculation of Profit at JASMYN FARM PRODUCE is handled from a slightly different perspective. To us a valuable turnover equals the appreciation of our customers. It lies in our beautiful environment and our ancient mountain views. We see our roll in the process of production, processing and finally the sales of our produce as our contribution to the survival of life on earth.

ONS ENERGIEVERBRUIK

DIE STRUKTUUR

Die enorme grasdak (die grootste enkelraam grasdak in Afrika…moontlik in die wêreld), bied relatiewe temperatuurbeheer sonder gebruik van lugreëling.

25% van die oorspronklike gebou wat geisoleer was met ‘n halfmeter grondlaag waarop gras en kruie geplant is om temperatuur te beheer en groen ruimte te skep was destyds baanbreker denke.

Die heksagonale vorm en die spoumure (400mm dik) bied verdere temperatuurbeheer.

Jasmyn se besigheid en ondersteunende boerdery het reeds sedert 2015 weggebreek van ‘n afhanklikheid van Eskom infrastruktuur deur ‘n omskakeling vanaf steenkool-elektrisiteit na sonkrag opwekking.

ENERGY CONSUMPTION

THE STRUCTURE

This largest single framed thatched roof in Africa offers satisfactory temperature control without the use of air-conditioning.

The new addition elaborates on our revolutionary thinking when we designed the original green building by isolating 25% of it with 50cm of soil and then planting grass and herbs to optimise our temperature control and energy consumption.

The hexagonal design and the 400mm cavity walls further optimises the temperature control.

In 2015 Jasmyn in conjunction with its supportive farming network broke free from Eskom’s infrastructure by fully converting to sun energy in support of self-sustainability.

HERWINNING

Gereëlde klante van Jasmyn weet dat ons al ons gebruikte kartondosies aanbied om hul aankope te verpak in plaas van die gebruiklike plastieksakke soos elders.

Die plastieksakke wat ons wel aanbied indien nodig is 100% bio-afbreekbaar.

Die grootste deel van die afval wat ons van ontslae moet raak, word gesorteer, gebaal en dan deur ‘n Herwinningsmaatskappy weggeneem.

Die bio-afval gaan na die bees-, vark- of erdwurmboerderye.

Met die hulp van die erdwurms word al die bio-afval en die plaaslike dorp se tuinafval omgesit in gesonde en organiese kunsmis en kompos wat in die landerye ingewerk word.

Nuwe verpakkingsmateriaal wat ons huidige, moeilike herwinbare verpakking mee kan vervang is die jongste inisiatief en ons beoog om in die toekoms slegs herwinbare en komposteerbare verpakking te gebruik.

Ons vertrou dat ons, ons klante inspireer om self herwinning tuis te implementeer en ook dat ons klante Jasmyn met gerusstelling en vertroue sal ondersteun in die wete dat JASMYN, met die samewerking van haar klante, ‘n positiewe impak op die omgewing bewerk.

Jasmyn praat nie net……ons doen.

RECYCLING

We are well known for of our card-box packing system at our checkout points as an alternative to plastic bags. The bags we do offer are 100% biodegradable.

The largest part of our non-biodegradable waste gets sorted and baled, then picked up by a recycling company.

The Bio – waste gets reused by our cattle and earthworm farm.

The earth worm farm plays a major role in the rehabilitation of our soil by producing healthy organic fertilizer and compost that gets worked into our farmlands.

Our latest initiative is to replace all our packaging with only recyclable and compostable packaging.

We hope and trust that we will inspire our clients to implement the green way of living in their own homes and feel that they can truly trust us as the providers of their fresh produce.

Jasmyn believes in taking action. We are passionate about our customers and the environment.